Twitter algoritme nou opebron

Op 31 Maart 2023 het Elon Musk aangekondig dat die Twitter “recommended” algoritme nou vrylik beskikbaar sal wees vir die publiek om na te kyk.

Dit kom na Musk in 2022 gesê het dat hy bekommerd is oor die paartydigheid in the Twitter algoritme. Hy het ook geinsinueer dat “Big Tech” hulle algoritmes gebruik om doelbewus die openbare diskoers in ‘n sekere rigting te stuur.

Tydens ‘n “Twitter Spaces” bespreking het Musk gesê die skuif is om deursigtigheid tot die platform te bring en sodoende die publiek se vertroue te wen.

Hoe werk dit?

Tydens die gesprek het Twitter ingenieurs vir luiteraars ‘n oorsig gegee hoe die algoritme werk. Volgens hulle is die volgende bepalende faktore van wat jy sien in jou “Reccomended feed”:

  • Die moontlikheid dat jy met die twiet sal interaksie hê.
  • Die gemeenskappe waaraan jy behoort, asook watter Twiets “trend” binne die gemeenskappe.

Die proses het 3 basise stappe:

  • Kry die “beste” twiets van 2 verskillende bronne:
    (1) mense wie jy volg (in network), en
    (2) mense wie jy nie volg nie (out of network)
  • Gee vir elke twiet ‘n punte telling (masjienleer algoritme) en sorteer dit soos ‘n ranglys
  • Pas “produk funksies” toe op die ranglys en vertoon die lys aan die gebruiker.

Twiets van mense wie jy volg

Daar was genoem dat “in network sources” die grootste bron is vir twiets wat jy sien en is ook die eenvoudigste van die 2 bronne. Die algoritme kyk na watse twiets jy in die verlede mee interaksie gehad het en beraam dan ‘n waarskynlikheidswaarde dat jy met hiedie twiet sal interaksie hê.

Twiets van mense wie jy nie volg nie

Hierso, weereens, is die hoof bepalende faktor hoe waarskynlik dit is dat jy met ‘n twiet sal interaksie hê. Die algoritme kyk na watter onderwerpe jy in die laaste paar uur interaksie gehad het en vind dan “soortgelyke” twiets om vir jou te wys.

Die algoritme neem beide jou langtermyn-, asook korttermyn-interaksie in ag. Luisteraars was aangemodig om self na die kode te gaan kyk om verdere inligting te bekom.

Ranglys

Hierso, weereens, is die hoof bepalende faktor hoe waarskynlik dit is dat jy met ‘n twiet sal interaksie hê. Luisteraars was weer aangemodig om self na die kode te gaan kyk om verdere inligting te bekom.

Produk funksies

Die ranglys gaan dan vir ‘n laaste rondte van verwerking. Sommige van die funksies sluit in:

  • Verwyder twiets wat jy klaar gesien het
  • Skuif twiets hoër op in die ranglys indien mense wat jy volg met die twiet interaksie gehad het
  • Diversifiseer die lys sodat daar te nie veel twiets is van een persoon/bron
  • Verwyder twiets van bronne wat jy geblok het
  • Verwyder twiets wat geidentifiseer was deur die “vertoue en veiligheid” masjienleer modelle. Hierdie modelle dwing Twitter beleid af

Vertroue en veiligheid masjienleer modelle

Daar was in geen detail ingegaan oor hoe hierdie modelle werk.

So wat nou?

[Opinie] – Die skuif om die Twitter algoritmes opebron te maak is ‘n skuif in die regte rigting. Dit beteken dat enige iemand van die publiek kan sien indien daar paartydigheid ingebou word in die algoritmes. Ons hoop dat ander “Big Tech” maatskappye soos Facebook en YouTube sal volg in hulle skoene (alhoewel dit onwaarskynlik is).

Die nCah redaksie bevraagteken die “Vertroue en Veilighed” modelle en is nie seker of ‘n mens in die kode sal kan sien wat presies word verwyder van jou tydlyn, sodra ons tyd het sal ons self gaan loer na die kode om kloutjie by die oor te bring.

Dit is duidelik dat in elke stap van die proses, die hoof doel is om interaksie aan te moedig. Die modelle kan dit moelik maak vir ‘n nuwe gebruiker om op ander se tydlyn te verskyn, terwyl die wat klaar ‘n gevolg het nie veel moeite hoef te doen om hulle twiets gesien te kry, self deur mense wie hulle nie volg.


Gepubliseer

in

Deur: